top of page

Overcomers het 18 jaar gelede begin toe ons as vriendinne met laerskool kinders in die Eldoraigne en Wierdapark omgewing behoeftes by van die ander skoolkinders raakgesien het. In die proses om te help het ons egter gou besef dat dit nie net die kinders is wat hulp benodig nie, maar die hele gesin. Die nood is ook veel groter is as waarvan die mense in ons omgewing bewus is. Overcomers is gestig en is vandag ‘n Geregistreerde Nie-Winsgewende Organisasie. Ons besef ons kan nie in almal se behoeftes voorsien nie, maar ons probeer wel ‘n daadwerklike verskil maak waar die nood die grootste is by die gesinne wat die Here oor ons pad bring. Soms is dit net om ‘n gesin op die kort termyn te help agv omstandighede wat tydelik verander het, maar partykeer neem dit heelwat langer vir iemand om weer op hulle voete te kom.  Daarom probeer ons om beide liggaamlike en geestelike ondersteuning te bied om mense te help om oor hulle omstandighede te kom.

Kontak Dottie Kotzé vir meer inligting.

084 840 2372  |  

NG Eldoraigne logo portrait (highres)-01

Maak gerus kontak met ons. Telefonies of stuur vir ons 'n boodskap.

068 031 8844
bedien@eldofam.co.za
NG Eldoraigne Familiekerk, Henriweg 1045

Die menings wat in die kommentaar van artikels gehuldig word is dié van individue. Ook wanneer die leiers deelneem doen hulle dit in persoonlike hoedanigheid. Die leierskap in die gemeente neem kennis van die inhoud en indien daar amptelike besluite deur die gemeenteraad daaroor geneem word, word dit in die afkondiginge en aansteekborde by die kerk gekommunikeer. Sien ook die beleid oor die amptelike standpunt van die gemeente.  As hier kommentaar is wat na jou mening nie op die blad hoort nie, kliek hier en sê hoekom jy so dink. Vir verder navrae oor die blad is jy welkom om die gemeentekantoor te kontak. 
Kopiereg © 2015, Eldofam. Alle regte voorbehou. NG Eldoraigne Familiekerk is a NG Family Church situated in Centurion, South Africa.

bottom of page