‘n Paar jaar gelede het ek die voorreg gehad om Israel te besoek en in Jesus se voetspore te stap. Ons vlug was geskeduleer om te vlief van Johannesburg na Tel Aviv, maar sou ‘n paar uur in Istanbul oorstaan. As gevolg van die opgewondenheid en in afwagting van die toer het ek reeds ‘n paar dae voor die vlug my tasse gepak en kon nie wag dat die langverwagte oomblik aanbreek nie. Nadat ek aan boord gegaan het, het die ete en vlugvermaak gehelp om die oornag vlugtyd te verkort. Nietemin, soos wat die ure verby gegaan het, het ek iets agtergekom. Ek het slaperig geword, maar kon nie aan die slaap raak nie; my rugspiere het seer geraak, my klere het begin verkreukel, my baard het weer begin groei en ek was nie so vars soos aan die begin van die vlug nie. Ek was bewus daarvan dat ek besig was om moeg te raak en ‘n behoefte aan rus en herstel gehad het.
By ons aankoms in Istanbul, kon ek vars klere aantrek, my gesig afspoel, was en skeer, tande borsel en reukweerder aanwend. Ek het baie beter gevoel toe ek die ruskamer verlaat. Ek het vars gevoel, was opnuut verfris en gereed vir die volgende fase van die toer. Ek was op reis na Israel en sou in die voetspore van die Here Jesus loop. Dit was my bestemming en doel ten einde dit te bereik, moes ek ‘n kaartjie koop, ‘n instapkaart ontvang, aan die lugdiens se reëls voldoen, en die reis na my bestemming so veel moontlik geniet. Nietemin, alhoewel ek met groot opgewondenheid op pad was, het ek uitgeput en reismoeg geraak terwyl ek ongeveer halfpad op my reis was. Ek moes myself verfris sodat ek die laaste fase van my reis kon voltooi.
Ons is almal op reis saam met God. Die reis begin die oomblik wanneer ons vir ons geestelike vliegrit aan boord gestap het. Ten einde om op die vliegtuig te kom, moet ons Jesus as ons Verlosser aanneem en gered word. Aan die begin van ons Christelike reis is alles nuut en opwindend om Christus te ken. Ons wil graag met ander deel en hul vertel wat dit Here vir ons gedoen het. Ons kan nie genoeg tyd spandeer om God se Woord te leer, te bid en met mekaar te deel nie. Ons begin almal ons reis met God met groot entoesiasme, met ‘n opgewonde afwagting. Ons het onsself onderskik aan die hemelse vliegtuig se voorwaardes, reëls en regulasies en dit gehoorsaam. Ons het dit gelees, bestudeer en gehoorsaam, maar soos die tyd verby toegelaat dat ons fokus wegdraai vanaf ons eindbestemming en harte gevul word met bekommernisse, probleme, angstigheid en selfs sonde.
Is jy moeg daarvan om te probeer om ‘n goeie Christen te wees? Is jy oorlaai en uitgeput van kerklike en godsdienstige aktiwiteite? Voel jy soms dat jy net besig is om Christelike geluide te maak? Vind jy meermale dat jy geestelik leeg is? Ervaar jy geestelike swaarmoedigheid, ‘n gevoel van mislukking of skaamte eerder as die vreugde, vryheid, die teenwoordigheid en krag van ons Here in jou lewe? Indien jy ja geantwoord het op enige van hierdie vrae, dan is God dalk besig om jou tot iets dieper op te roep. Hy weet dat jy opnuut ‘n vars aanraking van Hom nodig het.
Wanneer ons harte begin om van God af weg te beweeg, raak ons tevrede om met die ritueel van geestelike aktiwiteite na te kom, om slegs die regte geluide te maak sonder dat God werklik in ons lewens teenwoordig is. Ons kan selfs so gemaklik en tevrede met ons godsdiens raak dat ons nie eers agterkom dat God nie teenwoordig of naby ons is nie. Is dit moontlik om te bid, ‘n aanbiddingsdiens by te woon of ‘n offergawe te bring, maar nie ware intimiteit met God te ervaar nie? Dit is sekerlik moontlik! Ware Christenskap is ‘n intieme, groeiende verhouding met die Persoon van Jesus Christus, waar ons meer en meer na Sy beeld verander word, sodat Hy Sy lewe in en deur ons kan leef. Dit is nie ‘n klomp leerstelling wat ons moet glo, gewoontes wat ons moet beoefen of sondes wat ons moet vermy nie. Godsdienstige aktiwiteite sonder gemeenskap met God is ‘n leë ritueel. Ons gebed is dat hierdie Kerstyd opnuut ‘n vars aanraking van die Here sal ervaar en ‘n wonderlike rustyd sal beleef en opnuut u batterye herlaai en u passie en wonder van Jesus opnuut hoog sal brand vir die nuwe jaar.
uit: Heart Cry Nuusbrief