top of page

ABRAHAM KRIEL KINDERHUIS

Ons is tans opsoek na 'n nuwe persoon om hierdie bediening oor te vat.

Kontak ons as jy sou belangstel.

NG Eldoraigne is die afgelope 30 jaar betrokke by een van die seunshuise, Huis Soetdoring, by Abraham Kriel Nylstroom.

 

Ons leuse is: GEE, GAAN, GENIET en GEBED

 

GEE: Ons stuur maandeliks bederfkos vir ons seuns. Vir meer besonderhede kontak Hensa van Wyk 083 609 1345. Ons betaal vir die seuns om op kampe te gaan. Ons gee geldelike bydraes wanneer  ‘n noodsaaklike item vir  die huis aangekoop moet word. Indien jy ‘n geldelike bydrae wil maak, kan jy by die kerkkantoor  inbetaal met verwysing: Abraham  Kriel Kinderbediening.

 

GAAN en GENIET: Ons kuier en kamp en gaan saam op uitstappies. 

 

GEBED: Onthou asseblief om Abraham Kriel Kinderhuis in julle gebede te hou:  vanaf die hoof, maatskaplike                        werkers, kinderversorgers, kinders met gebroke harte, ens, ens.

bottom of page