Visie
Waar mense God beleef en as volgelinge van Jesus gemeenskappe vernuwe
Transformation through reconnection with God
Missie
Ons bou mekaar op deur betrokke te wees in persoonlike omgee-verhoudings en reik uit na alle mense met wie ons paaie kruis
Gedeelde waardes
- Ons is 'n missionêre familie waar die Woord van God sentraal staan
- Ons lewens moet getuig van 'n persoonlike verhouding met Jesus Christus
- Ons is geroep om gemeenskappe te vernuwe
- Ons glo dat elke lidmaat betrokke moet wees by 'n bediening
- Ons glo in sigbare en tasbare omgee-verhoudings
- Ons glo in eerlike en oop kommunikasie
- Ons glo dat ons rentmeesters van God is ten opsigte van alle aspekte van ons lewe
- Ons glo in kwaliteit bedieninge wat getuig van uitnemendheid
Ontmoet die bedieningspan
Die Eldofam Webwerf
Die doel van die webwerf is eerstens om die Evangelie so wyd as moontlik te versprei (uitreikaksie), en tweedens om gemeenskappe te skep en mense met mekaar te verbind.
Ons definieer gemeenskappe in die wydste sin van die woord. Dit strek van spesifieke bedieninge in die gemeente, tot belangegroepe (soos om resepte uit te ruil of ‘n stapklub), tot geografies verspreide gemeenskappe wat deel van ons gemeente se belewenis wil wees.
Die hooffokus van die webwerf is om betrokkenheid en belangstelling by lesers aan te wakker. Met “lesers” word enige iemand bedoel, nie noodwendig gemeentelede nie. Sodoende kan al die deelnemers deur die web ook deel van die groter familie word.
Die inklusiwiteit en “saamwees” wat hiermee bewerkstellig kan word, is net sinvol indien die webruimte baie dinamies is. Dit geskied deur van ‘n verskeidenheid outeurs gebruik te maak.
Die webwerf bestaan uit drie onderskeibare, maar verweefde dele:
Bediening: Dit is die hoofsegment. Hier kan gebruikers “kos vir die siel” kry. Dit kan bestaan uit teksuitlegte, gedagte vir die dag, preke in klank of teks, inspirasie, ens. (Pitkos / Preke / Weet jy Dit? / Jeug)
Gemeentenuus: Dit is baie wyd en behels die normale dag-tot-dag nuus (wat gebeur volgende Sondag), lief en leed, nuus oor en terugvoer van bedieninge, ens. (Nuus / Afkondigings / Diensroosters) / Jeug.)
Algemeen: Dit kan uit enige iets bestaan, soos ‘n fotografieblad, kampeerwenke en –geleenthede, huidige winskopies, hoeveel het dit in Eldoraigne gereën, nuwe geestelike musiek op die rakke, ens. Die doel van hierdie segment is hoofsaaklik om mense na die webruimte te trek en om gemeenskappe met dieselfde belangstellings te skep. (Weet jy dit? / Hulpbronne)
Lees die volledige filosofie en 'n beskrywing van die teikenmark van die webwerf hier.
Dus, jy kan ook deel van hierdie grootse poging wees. Doen dit nou! Skryf vir ons 'n nota met jou idees en hoe jy betrokke wil wees.
Besoek hierdie blad dikwels om op die hoogte te bly oor wat gebeur. Om 'n berig op hierdie of enige ander bladsy te plaas kliek hier en tik jou berig. Andersins kan jy ook die berig by die kerkkantoor inhandig. Dit sal dan hier geplaas word.
Neem deel en gesels saam, of lewer kommentaar op artikels op die webwerf.

