Praat saam > Die geval Bertie Mulder

Bertie Mulder was ~ 6 jaar gelede die student wat (aanvanklik met meer as 40 ander studente) 3 professore van die UP se Teologiese Fakulteit van dwaalleringe aangehkla het. Die ander studente het kop uitgetrek. Die professore is onskuldig bevind en Bertie is lewenslank uit die fakulteit geskors. Ook het die NG Kerk hom verbied om 'n predikant te word.

Hy het onlangs 'n boek "Opgetaan" geskryf. Alhoewel ek nog nie die boek gelees het nie, het ek wel resensies van die boek op die Internet gelees. Dit indruk wat ek het is dat hy die dogma van die Kerk soverre dit opstanding en moontlik die maagdelike geboorte van Jesus beskerm het. Waarom het die Kerk hom dan verbied om 'n predikant te word?

Is Bertie onskuldig, en indien wel wat staan ons as 'n gemeente te doen.

Ek verneem graag wat Ds Andre en Johan daaroor te se het.

Johan Nel

2011-11-17 | Unregistered CommenterJohan Nel

Ferdie Mulder was skuldig bevind. Ek het nie die boek gelees nie en kan dus nie op sy boek reageer nie. Ek weet wel dat daar baie leuens en bedrog betrokke was by Mulder se poging om die skuldigbevinding teen die dosente te bewerk. Daaroor skryf hy self in sy boek. Lees ook die artikel http://www.kerkbode.co.za/NuusLees.asp?id=214 "Hy gee toe hy het groot foute gemaak en sê hy was gewis skuldig aan ’n klomp dinge in 2005 tot 2006".

2011-11-17 | Unregistered CommenterJohan

Gegroet Johan

Die vraag is nou nie aan my gestel nie. Maar Opgestaan is geskryf deur Ferdie Mulder.

Om na 6 jaar 'n vraag te beantwoord sonder enige kennis van die saak is 'n bietjie veel gevra.
As ek die boek sou lees sal dit in elk geval net Ferdie se weergawe wees van die gebeurtenisse wat tot sy skorsing gelei het.

Hy erken nou dat hy die saak anders kon benader het, wat myns insiens ook 'n erkenning is dat hy yoy beter insig gekom het en dat hy fouteer het.
Ek weet nie hoe hy dit benader het nie maar as dit was soos twee ander dames studente by Tukkies, wat ietwat fanaties
en ekstremisties was in hul benadering . Hierdie twee studente het gepoog om 'n lektor tydens lesings aan te rand oor wat hy tydens 'n Sielkunde lesing gese het. As dit nie vir my dogter en 'n paar ander studente was nie, wat hulle rugby styl getekkel het en vas gehou het, sou daar groot moles gewees het.

Hulle ektremisme en ongenaakbare houding het toe ook eindelik daartoe gelei dat hulle geskors is.

Die koerant berig is ook maar vaag t.o.v die werklike gebeure.

In alle regverdigheid glo ek nie dat so 'n vraag op hierdie stadium aan Ds Andre en Johan gerig kan word nie. Tensy hulle persoonlik betrokke was sal dit baie navorsing en tyd benodig. Hierbenewens is meeste van die ondersoek blykbaar geslote getuienis.

Liefde, Vrede, Meegevoel en Lig is my wens vir almal.
Daniel

2011-11-17 | Unregistered CommenterDaniel

Ek het net oppervlakkige kennis oor die saak (so nou en dan in die koerant daaroor gelees).

2011-11-21 | Unregistered CommenterAndre

Beste Johan Nel en ds Johan,
Ek sit in Nederland waar ek aan my PhD werk en kom toe vinnig op hierdie skrywe van julle af. Ds Johan, daar was nooit enige "bedrog" betrokke nie - dit is baie jammer dat dit u persepsie van die gebeure is. Daar was tegniese foute wat in detail in die boek bespreek word. Selfs persone wat teologies met my verskil gee toe dat die boek 'n verantwoordelike en billike weergawe van die gebeure is.

Die boek is tans op special by Augustine Bookroom in Constantia Park hoor ek, maar die maklikste is natuurlik www.grafittiboeke.co.za om die boek te kry.

Johan Nel,
Ek noem telkens in die boek dat lesers gerus my interpretasies kan vergelyk met die amptelike uitsprake van die ondersoeke wat wyd in die NG Kerk en op die internet gepubliseer was. Ek haal ook gereeld daaruit aan om so ewewigtig moontlik te probeer wees.

Na my mening is een van die belangrikste sake die feit dat proff Muller en Le Roux foutiewelik by die Tukkies verhoor (waar hulle met 'n advokaat opgedaag het) aangevoer dat die belydenis van die NG Kerk NIE is dat Jesus letterlik uit die dood opgestaan het nie. Hierteenoor het ons die 2003 Algemene Sinodale Komissie se verklaring oor die opstanding van Jesus waarin die letterlike opstanding bely was voorgele. Dit was doelbewus geignoreer om die dosente sodoende vry te spreek en my skuldig te bevind op 'n klag.
Die NG Kerk base het tot vandag toe gladnie hierop gereageer nie - my indruk is dat hulle dit wil dood swyg.

Ek is nie kwaad oor die goed wat gebeur het nie - ek HET tegniese foute gemaak wat ek 22 keer in die boek bely. Ek het ook hulle vergewe wat op oneerlike wyse gemanipuleer en verkeerde bevindinge gemaak het. Wat ookal 'n Regter, professor, NG Kerk of wie ookal besluit - Jesus het regtig uit die dood opgestaan glo ons. En DIT is wat hoop gee vir vandag, more en die toekoms!

Julle kan gerus ook hier gaan kyk vir 'n verskeidenheid stukke kommentaar op die boek: www.opgestaan.com

Vriendelike groete

Ferdie

2011-11-21 | Unregistered CommenterFerdie Mulder

Hi Andre,
Skuus, ek het net Johan Nel en ds Johan se kommentaar raakgelees.
Jou stellings oor ekstremisites ensomeer verdien kommentaar. Ons studente het oor etlike jare op 'n broederlike wyse ons kommer probeer oordra aan die kerk wat die goed onder die mat ingevee het. Nooit was gereageer op briewe wat ons geskryf het nie, en selfs op nommer 99 toe ons die petsies uit die media onttrek vir verdere gesprek - het hulle met die media gaan praat. Meeste studente het teen ons gedraai oor onder meer intimidasie en dreigemente van die kuratorium predikant.
Maar ek vermoed dat daar predikante in julle gemeente is wat goeie vriende is met van die persone wat betrokke was by die goed - en hulle sal daarop uit wees om van "bedrog"ensomeer te praat soos hierbo reeds gedoen was - sonder om self die feite te gaan nagaan.

Foute het ek gemaak - verseker - ek bespreek dit alles met integriteit in die boek. Daar hang egter baie groot vraagtekens oor die optrede van die kerklike komissies wat in sommige gevale bestaan het uit vriende van die dosente wat ondersoek moes word. Sommige getuiensi wat ook uitgegooi ensomeer ensomeer.

Ons het toe na alles uit die NG Kerk bedank...

Vriendelike groete

Ferdie

2011-11-21 | Unregistered CommenterFerdie Mulder

Gegroet Ferdie

Ek dink jou antwoord aan Ds Andre is eintlik vir my bedoel. Ek het van die ekstremistiese houding die van twee dames gepraat. Eintlik was hulle optrede "te" en as sulks fanaties in hulle benadering. Weet jy hoeveel mense is deur sulke fanatieke weg gejaag van kerke en die christendom. Ek persoonlik beskou hulle as deel van die anti-Christ. Ek is nie aan enige kerk of geloof of geen-geloof verbonde nie. Ek het vrede met alle gelowe dit is hulle anker en vertrooster in die lewe. Die sagmoedige verwesenlik baie meer as die geskreeu soos deur daardie twee dames se "in jou gesig houding". "Te" is soos fariseers.

My kommentaar is as 'n buitestaander en om heeltemal eerlik te wees ek het dit beskou as om ou koeie uit die sloot te grawe.

Jy weet seker hoekom daar geskryf is vergewe hulle. Dit is nie vir hulle vrede nie dit is vir vrede en geluk in jou hart. Almal se vergewe en vergeet, Ek se Nee, vergewe maar vergeet nooit want as iemand vergeet dan het hy niks geleer nie. En weer eens dit is lesse wat ons moet leer en nie herhaal nie. Dit gaan oor hoe ons vandag lewe nie die verlede of more nie, alhoewel gister vandag vorm is die les is dat ons moet uit ons foute leer en vandag stappe neem om dit nie oor te dra na more nie. Want gister het vandag gevorm en vandag vorm more.

Wat ek se is vir almal wat by die saak betrokke was. Hulle benadering, en ek verstout my om te se, nes joune kon anders gewees het. Jy loop ses jaar gebuk met hierdie las op jou skouers, het dit een duim aan jou lengte verander of 'n paar stuiwers in die sak gebring. Ai ek verstaan, Ek weet hoe dit is.

Vrede, Liefde, Meegevoel en Lig is my wens vir almal
Daniel

2011-11-21 | Unregistered CommenterDaniel

Beste Daniel,
Verantwoordelike afsluiting en Vergifnis is gewis een van die oogmerke van Opgestaan soos wat die laaste paar sinne daarin illustreer:


Ongeag wat invloedryks in hoe en magtige posisies aan 'n universiteit of in die NG Kerk besluit het, besluit of gaan besluit, en ongeag die magspeletjies wat agter die skerms aangaan, en die slegte gevolge wat dit vir sommige gelowiges inhou, is daar hordes gewone gelowiges op al die vlakke van die samelewing wat mag, wil, en selfs nie anders kan, as om op grond van baie redes te glo en bely dat Jesus van Nasaret hulle eie lewens, die skepping en wereldgeskiedenis omgekeer het toe hy op die derde dag na sy kruisiging wonderbaarlik uit die graf opgestaan het ... Daardie krag van God, wat geen universiteit, sinode, regter, advokaat of professor deur soms skeptiese uitsprake ongedaan kan maak nie, bring steeds nuwe lewe en verassende hoop in 'n verwarde, stukkende, donker en magsbehepte wereld. Dit is daardie selfde krag wat deur die ergste trauma, twyfel, bitterheid en ongeloof kan deurbreek en opstandingskrag en geloof as verrassende gawe kan skenk ... Dit was daardie krag wat my die afgelope klompie jare deurgedra het, en in staat gestel het om eerstens my eie foute tydens al die gebeure raak te sien en te bely, en ook hulle te vergewe wat my, maar ook ander studente, seergemaak het. Dit is my opregte hoop en verwagting dat daardie selfde krag van God ook nuwe hoop en verrassende veranderinge in die NG Kerk maak ook in besonder by my geliefde Fakulteit Teologie in Pretoria mag bring! (p278-279).
Van die hartseer gebeure in die boek is onder andere dat die dosente en regter by Tuks besluit het dat dit nie meer nodig is vir NG predikante en professore om te glo dat Jesus letterlik uit die graf opgestaan het nie. Dit was 'n doelbewuste keuse wat in weerwil van die toe amptelike standpunt van die ASK en belydenis van die NG Kerk was. Hierdie feit is swart op wit in die verbatims van die verhore en nou redelik bekend. Om maar net hiervan te vergeet ter will van vrede, en nie te besef watse radikale besluit geneem was nie is nie net onverantwoordelik nie, maar ook tekend van 'n traak my nie agtige houding wat betref die oorspring van die vrede en versoening wat God self vir ons gebring het...

Lekker om jou te ontmoet Daniel!

2011-11-22 | Unregistered Commenterferdie mulder

Ek haal my hoed af vir Ferdie Mulder se moed om op te kom vir die waarheid! Dwalinge het al lank voor sy tyd kop uitgesteek by Tukkies. (ek weet want ekself het daar gestudeer vir sewe jaar) Ferdie se foute was tegniese foute wat van 'n jong student verwag kon word en waarvoor hy meer as genoeg verskoning gevra het. Die dwaalleraars het egter nooit hulle foute bely nie...

2011-12-02 | Unregistered CommenterJohannes