Soek

« Gebrokenheid | Main | God onderrig ons deur sy Gees »
Wednesday
Jan252012

ROEPING OP VREEMDE PLEKKE

Ek is Maandag saam met ons gemeente se nuwe sendeling, Dominic, in Olievenhoutbosch. Sy gaan hier by ʼn Christenskool vir kinders van gr 1- 4,  midde in die plakkerskamp, help met skoolwerk, bybelstudie en ontspanningsprogramme. Hulle span bestaan uit sewe lede met Themba wat oorhoofs die leiding neem. Themba word egter op ʼn ander plek vasgehou en Maandagoggend moet ek skielik hulle vergadering open. “Jy moet maar sit”, sê een, “ons opening duur ʼn uur”. Ek het nie eens my Bybel by my nie, wat nog van voorberei vir die geleentheid. Maar, dis hoe dit op die sendingveld werk, jy moet reg wees om ʼn woord te kan bring “tydig en ontydig”, herinner ek my.

 Gelukkig vir tegnologie en ek slaan my selfoonbybel oop. Die laaste plek waar ek moes lees was seker Romeine 1 want hy maak outomaties weer daarop. Ek lees van Paulus se eie roeping, hoe die Here Jesus Hom een kant gesit het vir die besondere taak om apostel te wees. Die gemeentelede is egter ook geroep, maar hulle is nie net afgesonder nie, Paulus noem hulle inderdaad die heiliges van God. Hy ag hulle meer as homself. Themba sluit aan en begin saam te gesels. Sy plan was om vanoggend oor roeping te praat, dis waarmee die Here met hom die afgelope tyd besig is. (Dankie Here, U het tog reg gelei vanoggend). Themba praat oor die Here wat hulle roep vir ʼn taak en om te kan luister na die roepstem. Ek wys op die betekenis van roeping in Romeine 1; Jy moet kan hoor en wanneer jy reageer op die roepstem dan stel God jou aan om die roeping tot uitvoer te kan bring.

 Ek dink later by myself, ek was inderdaad in die teenwoordigheid van heiliges wat God gehoor roep het en gereageer het. Hy het hulle daar aangestel vir ʼn besondere taak in hierdie besondere tyd. Hulle het die voorreg om as heiliges met klein kindertjies te kan werk. Mag die kleintjies beleef dat die Heilige self tussen hulle gekom het.

 Wat ʼn wonderlike vreemde God aanbid ons nie...

Reader Comments

There are no comments for this journal entry. To create a new comment, use the form below.

PostPost a New Comment

Enter your information below to add a new comment.

My response is on my own website »
Author Email (optional):
Author URL (optional):
Post:
 
Some HTML allowed: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <code> <em> <i> <strike> <strong>