Eldofam Twitter

   

 

Beleef die intimiteit van 'n kleingroep

Kleingroepe vorm 'n kerndeel van die bediening in ons gemeente.

Die kommunikasie-skakel tussen die gemeenteraad en die gemeente is veral die herderleiers verantwoordelik vir kleingroepe. Ongeveer 7 herders word deur een omsiener gelei en versorg.

 

Ons probeer om tans hierdie skakeling te verbeter deur onder andere kleingroepe te besoek. Kontak gerus u herderleier, omsiener of vir Ds Johan van den Heever direk om ‘n besoek by u kleingroep te bring.

Dit is vir ons belangrik om te weet wat in die harte van ons lidmate leef. Maak gebruik van die geleenthede wat daar bestaan om met ons te kommunikeer.

Daar is tans meer as 40 kleingroepe in die gemeente aktief.  Kontak 'n Omsiener of Kleingroepleier en kyk foto's.

As jy by 'n kleingroep betrokke wil raak, kliek hier, voltooi asseblief ‘n geel kaartjie wat by die gemeentekantoor verkry kan word of skakel ons by 012 654 6904 .

Hulpbronne vir kleingroepe

Hulpbronne vir kleingroepe word van tyd tot tyd op die web geplaas.