Pinkster 6 - 9 Junie '11
2011-05-30 11:57 Daar is tydens pinkster vir die kinders ook 'n "kinder pinkster" in die lapasaal vanaf 19:00.
ALLE KLEUTERS (3jr-6jr) EN KINDERS van Gr 1 - Gr 6 is baie welkom!
Ons gaan die tema doen "Redding 911" wat gaan handel oor JESUS as Redder raak te sien. Lukas 9:11
Die 4 temas is:
1. God stuur sy Seun as Redder na 'n wereld in nood.(maandag)
2. Jesus, die Redder, het die mag om siekte te genees. (dinsdag)
3. Jesus, die Redder, het mag oor die natuur. (woensdag)
4. Jesus is die Redder wat sorg. (donderdag)
Kom sing en leer saam met ons!
Enige navrae kontak my Nicolette by 012 654 6904 of 082 307 2333
Nicolette
Die kinderpinkster met die tema Redding 911, was 'n lekker program gewees. Ons het met bekende verhale gewerk maar met 'n ander aanslag! Ons het geleer in die ou bekende stories hoe God sy mense gehelp het! Ons het met 'n nuwe insig na die bekende verhale gekyk.
Ons was nie baie kinders nie, maar dit was nog steeds 'n baie lekker pinkster gewees!
Hoop ons sien meer kinders by volgende jaar se kinderpinkster! Dit was hope pret en baie leersaam!

