Kinderweek 2012

Dis weer tyd vir ons jaarlikse kinderweek!  Alle kinders van Gr 1 tot Gr 6 is baie welkom en ons gaan lekker lag, speel en sommer baie pret hê.  Kry meer inligting kliek hier of bespreek sommer nou!

Eldofam Twitter

   

 

« Pinkster 6 - 9 Junie '11 | Main | Die Hoekie kamp 18-20 Mrt '11 »
Tuesday
Apr192011

Appel en serp uitreik

Die Eldo-chomps gaan uitreik na mense wat koud kry die winter!!!

Elke klas gaan 'n paar rand insamel om te help met die kostes van die uitreik. Dis om die kinders te laat voel hulle help ook om die uitreik van die grond af te kry. Ons kom die saterdag 4 Junie om 8:30 almal by die kerk by mekaar waar ons die appels en serpe vir elke kind gaan uitdeel. Ouers kom asb saam! Ons gaan julle in groepe indeel om na seker areas toe te gaan en die appel en serp uit te deel.

Die kinders wonderseker wat hulle nou met die appel en serp moet doen. Soos wat hulle loop en sien dat iemand dalk koud kry, neem hulle 'n appel en serp en gee dit vir die persoon. En sê " Jesus is lief vir jou"! dis al. Hoef nie lang gesprekke aan te knoop nie. Groet en gee!

Indien jy nog 'n vraag het kontak my gerus!

 

Nicolette

012 654 6904/Ek is Maandae tot Woensdag op kantoor en Vrydae ook.

082 307 2333

Reader Comments (1)

Nicolette, ek dink dis 'n baie oulike idee. Dit laat ons kinders in die praktyk besef daar is ander wat minder as hulle het. Renate du Toit

2011-04-21 | Unregistered CommenterRenate du Toit
Comments for this entry have been disabled. Additional comments may not be added to this entry at this time.