Kinderweek 2012

Dis weer tyd vir ons jaarlikse kinderweek!  Alle kinders van Gr 1 tot Gr 6 is baie welkom en ons gaan lekker lag, speel en sommer baie pret hê.  Kry meer inligting kliek hier of bespreek sommer nou!

Eldofam Twitter

   

 

« 27 Feb '11 - Jacques Gombuilt | Main | VCSV Die Hoekie kamp vir Laerskole 18 - 20 Mrt '11, Gr 4 - Gr 7 »
Tuesday
Mar012011

25 Feb DVD, pizza en speletjies aand

Dit was 'n heerlike nat vrydagaand gewees, maar dit het ons geesdrif glad nie gedemp nie! Daar was 38 kinders vir ons lekker speletjies aand!

Daar was 'n prettige bybelvasvrae waar hulle lekker kon deel wat hulle weet! Die gr 1-3's het daarna 'n pak omgestuur met lae papier met lekkers in party lae van die papier! Hoe groot was hulle opgewondenheid as hulle die papier afskeur en 'n pakkie lekkers gekry het.

Die gr4-7's het weer gevriesde sjokelade probeer sny met 'n mes en vurk! Groot pret gewees, die vurk het nadie tyd nie meer soos 'n vurk gelyk nie!!!!

Vir die laaste item was daar 3 groepe wat 'n tema moes mimiek! Adam/Eva, Noag en Moses in die riete. Die kinders was so oorspronklik! Hulle was so kreatief om dit uit te beeld.

En dan die hoogte punt van die aand was dan die DVD wat ons gekyk het, Dispiceble Me! Al het van ons dit al gesien was dit nogtans 'n treffer gewees!

 Kliek hier om die foto's te sien!

http://www.eldofam.co.za/fotos/dvdpizza-en-speletjies-aand-25-feb-11/

Ek hoop ek sien julle by die vlg DVD aand die 27ste Mei'11