Eldofam Twitter

   

 

Monday
Oct172011

Afsluiting - Kleuterkerk en Eldo-chomps 

SONDAG 13 NOVEMBER ’11

WAAR: Rooihuiskraalfeesterrein

TYD: Van 10:00 tot laat!!!    

WIE: Die hele gesin

KOSTES vir piekniek: R20 per kind – betaalbaar by

                                Tannie Nicolette

KOSTES by ingang: Gratis (1ste, 80 persone gratis)

BRING SAAM: swemklere(vir die “slip&slide”), handdoek, sonbrandroom       

                                   en baie energie!!

Ouers bring jou eie piekniekmandjie,son sambrele/kazibo’s,stoele (kinders kry worsbroodjie en verversings)

BESPREEK ASB VOORAF BY MY!!!

Indien jou naam nie op my lys gaan wees nie, gaan jy self by die hek moet betaal!!!!

Wednesday
Jul132011

Kinderweek 2011

Dit was die afgelope vakansie weer tyd vir ons immer gewilde kinderweek van 4 tot 8 Julie '11.

Ons was gemiddeld 64 kinders per dag! Sjoe wat 'n lekker groot groep! Ons het die tema gedoen Amazing race@kruis wat ons elke oggend van 'n sessie gehad het. Dit het gehandel oor ons moet 'n keuse maak om Jesus te volg en dit dan elke dag te leef.

Vir die aktiwiteite het ons Maandag 4 Jul 'n "banner" gemaak met al die kinders se hande wat geverf is en hulle name bygeskryf is, 'n lekker herinnering aan 'n baie lekker kinderweek! Dinsdag 5 Jul het ons saam met Tannie Gertie Boonzaaier skulpies op 'n piering gemosaiek! Van die kleinste tot die heel oudste maatjie het die baie geniet, DANKIE Tannie Gertie dit was verskriklik lekker gewees. Woensdag 6 Jul Het Tannie Mossie en Oom Gerrie de Wet vir ons kom wys hoe om gliserien sepies te maak, dit was baie intressant en lekker gewees! Ons het weer vir mamma bederf met mooi kaartjie met 'n sepie.  Dankie Tannie Mossie en Oom Gerrie!! Donderdag 7 Jul het Antionette Pienaar vir ons 'n vertoning met marionette gedoen en met ons gesels oor hoe spesiaal ons is en hoe lief Jesus vir ons is en dat ons Jesus se prinse en prinsesse is! Dit was 'n lekker oggend gewees om so saam met die marionette te sing en Jesus te loof en te prys! Daarna het ons vir mamma 'n baie mooi skinkbord lappie gemaak van ongebleikte linne en met vetkryt op die lappie geteken waarna ons dit vasgestryk het.

Vrydag 8 Jul was net 'n lekker rus dag gewees waar ons lekker DVD's gekyk het, na 'n lekker besige week!

Herman de Clercq het vir ons heerlike besig gehou met boeresport, paintball en"outydse" speletjies. Dankie Herman dit was 'n wonderlike voorreg gewees om saam met jou te kon gespeel het!

Helize vd Merwe was ons verpleegster, dankie Helize, jy was 'n regte "engel" vir ons gewees. Elsa Mare het die kinders elke dag baie lekker laat sing tot Jesus se eer! Elsa en Marinda Lamprecht en Madelein Small het gesorg dat ons magies elke dag heerlik vol gekom het met die lekkerste middagetes! Dankie julle!

Melanie Dorfling en Jeandre Pretoruis het vir ons al die foto's geneem! Dankie julle, julle het julle baie goed van jul taak gekwyt!

Johan Dorfling het ons klank en beeld gedoen elke dag, dankie boeta jy was 'n regte staatmaker gewees!

Quintin Mare was 'n regte staatmaker! Hy was my regter hand! hy was regtig onmisbaar! Dankie Quintin!

Die kinderweek was 'n reuse sukses maar ek kon dit nie op my eie gedoen het nie! Sonder al my groep leiers sou dit nie so 'n groot sukses gewees het nie!

Chloe, Tanya, Anlia, Eduan, Marelize, Surina, Jo-Anne, Tilia en Monique julle was sterre! Dankie vir al julle harde werk, bereidwilligheid om elke dag so vroeg daar te wees en weer laaste huis toe te gaan.

 

As jy die jaar se kinderweek gemis het, wees dan op die uitkyk vir ons vlg kinderweek vlg jaar dit is elke jaar hope pret!

Foto': klier hier http://www.eldofam.co.za/fotos/

Monday
May302011

Pinkster 6 - 9 Junie '11

Daar is tydens pinkster vir die kinders ook 'n "kinder pinkster" in die lapasaal vanaf 19:00.

ALLE KLEUTERS (3jr-6jr) EN KINDERS van Gr 1 - Gr 6 is baie welkom!

Ons gaan die tema doen "Redding 911" wat gaan handel oor JESUS as Redder raak te sien. Lukas 9:11

Die 4 temas is:

1. God stuur sy Seun as Redder na 'n wereld in nood.(maandag)

 2. Jesus, die Redder, het die mag om siekte te genees. (dinsdag) 

3. Jesus, die Redder, het mag oor die natuur. (woensdag)

4. Jesus is die Redder wat sorg. (donderdag)

Kom sing en leer saam met ons!

Enige navrae kontak my Nicolette by 012 654 6904 of 082 307 2333

 

Tuesday
Apr192011

Appel en serp uitreik

Die Eldo-chomps gaan uitreik na mense wat koud kry die winter!!!

Elke klas gaan 'n paar rand insamel om te help met die kostes van die uitreik. Dis om die kinders te laat voel hulle help ook om die uitreik van die grond af te kry. Ons kom die saterdag 4 Junie om 8:30 almal by die kerk by mekaar waar ons die appels en serpe vir elke kind gaan uitdeel. Ouers kom asb saam! Ons gaan julle in groepe indeel om na seker areas toe te gaan en die appel en serp uit te deel.

Die kinders wonderseker wat hulle nou met die appel en serp moet doen. Soos wat hulle loop en sien dat iemand dalk koud kry, neem hulle 'n appel en serp en gee dit vir die persoon. En sê " Jesus is lief vir jou"! dis al. Hoef nie lang gesprekke aan te knoop nie. Groet en gee!

Indien jy nog 'n vraag het kontak my gerus!

 

Nicolette

012 654 6904/Ek is Maandae tot Woensdag op kantoor en Vrydae ook.

082 307 2333

Tuesday
Mar222011

Die Hoekie kamp 18-20 Mrt '11

Ons was 'n lekker groep van 13 maats wat gegaan het:

Anri Maré, Sabelle Jacobs, Neré Horn, Divan vd Bank, Jacques Jv Vuuren, Daniël Human, Melissa Dorfling, Gizelle vd Westhuizen, Lou-an mars, Suné Kuhn, Nicole Ruthren, Monique Gerber en Anri Burger!

Ons was nogal benoud dat ons die hele naweek gaan reën hê, gelukkig vir ons het dit net Saterdag gereën! Dit het gemaak dat ons nie kon gaan berg klim nie maar ons het lekker in die bos gaan loop.

Oom Wynand van Transforming kids het ons geleer van die wapenrusting en hoe belangrik dit vir ons is. Wat 'n groot verassing vir ons toe Oom Jacques Gombuilt vir ons kom kuier het! Hy het weer lekker gesels en ons groot dele van sy DVD gewys!

Ek hoop ek sien jou volgende jaar op die kamp! Gesels met die kinders wat gegaan het en hoor hoe lekker dit was!

Sien jou volgende jaar op die kamp!

 

Kliek hier vir die foto's:

http://www.eldofam.co.za/fotos/vcsv-die-hoekie-kamp-18-20-maart-2011/