Kinderweek 2012

Dis weer tyd vir ons jaarlikse kinderweek!  Alle kinders van Gr 1 tot Gr 6 is baie welkom en ons gaan lekker lag, speel en sommer baie pret hê.  Kry meer inligting kliek hier of bespreek sommer nou!

Eldofam Twitter

   

 

Lignet

Wil jy met iemand praat, maar niemand luister nie? Kliek nou na iemand wat jou kan help.

« GEMEENTEFEES | Main | AFSKUD-TERAPIE »
Monday
Oct102011

RATA BEKE (Week van LIEFDE doen...)

Rata Beke  / Week van Liefde

Hanro  (ons nuwe jeugwerker wat lankal ook nie meer nuut is nie!) het namens die Garagebediening ‘n Week van Liefde  gereël vir enigiemand wat sou belangstel. Bywoning? Vrot, Evaring? Great!!!!!! Dis amper of die groepie wat daagliks gewissel het van so omtrent 2 karre vol (darem propvol!)  “uitverkies” is om hierdie ervaring te hê. Ons het voorwaar spesiaal gevoel om dit te kon meemaak. ‘n Paar hoogtepunte wat ons kan uitlig: NG Kerk Bosmanstraat se kloktoring opgeklim en gaan bid, PEN WELLNESS en  PEN KIDS beleef,  Olievenhoutbosch besoek en met kinders daar gespeel, gewerk by Arcadiagemeente se skuiling wat  herberg gebied het aan Shubartpark mense,  Echo besoek en saam met hulle inwoners gekuier, Viva Village in Mamelodi besoek en ‘n baie goeie “eye-opener” gekry oor wat bereik kan word as daar genoeg passie in ‘n projek gepomp word, broodnodige voorrade na Danville sopkombuis geneem.  Drie van ons etes was egte Afrika etes, nl Pap en kerrievleis wat ons met ons hande geëet het (dankie aan Andries –hulle by PEN!), ‘n SPUD-loaf (uitgeholde brood met chips en groente in) en hoender afval en Afrikasop by Viva Village.

 Ons Belydenisgroep gaan op hierdie jaar se kamp ‘n “projek” identifiseer  by een van die genoemde  instansies wat ons besoek het  wat hulle as groep dan gaan bestuur van A-Z, tot dit afgehandel is.  Diegene wie die week bygewoon het, sal waardevolle insette kan lewer daaromtrent en ons glo dit gaan ‘n baie lewensverrykende ervaring wees vir hulle. Sterkte Suné, jy sal die leier moet wees!!!

Echo werk op die beginsel van “moenie vir iemand vertel van Jesus se liefde voordat jy nie bereid is om hom/haar lief te hê soos Jesus gesê het jy moet doen nie.”  Eina?!!! Ja!!!! Radikaal? Dalk ook ja! Kan ons identifiseer hiermee? Besluit maar vir jouself.  Gaan kyk gerus na ons foto's op die Web...

Reader Comments (1)

Wil ook net melding maak van Herman de Clercq se rol wat hy gespeel het in heelwat van die reëlings omtrent Rata Beke. Baie dankie,Herman! Ons Garagebedieners waardeer dit baie!

2011-10-15 | Unregistered CommenterIna
Comments for this entry have been disabled. Additional comments may not be added to this entry at this time.