GEMEENTEFEES
2011-11-25 12:17 Die afgelope naweek was n hoogtepunt op ons kerk kalender!! Die gemeente het sy 40 jarige bestaan gevier!!
Die garagebediening se jeug was deurentyd betrokke!! Garage@Eldo: JULLE KOOK!!
Julle leef ons motto:
GAAN GROOT!
WEES ANDERS!
MAAK 'N VERSKIL!!
Vrydagmiddag het baie jongmense in die binnehof bymekaar gekom en ballonne opgeblaas dat die biesies bewe!! Saterdag het hulle die ballonne oor die hele terrein gaan vassit om n partytjie atmosfeer te skep en daarna die ballonne weer in die binnehof gaan vassit vir Sondagoggend se feestelike afsluitingsdiens!! Saterdag was hulle deurentyd betrokke met koffie tee en koeldrank bedien!! Die band het hulle kant gebring in Sondagoggend se feesdiens en die hele gemeente het harlik saam met die lekker "lewendige" band gesing!! Voorwaar n fees!!
Dankie julle!! Dis wonderlik om te sien julle verstaan iets van Christenwees!! Julle is bereid om hande vuil te maak en Jesus se liefde uit te straal deur diensbaar te wees!!
Ons waardeer julle!!
Tannie Thea
Gaan kyk gerus na die fotos op hierdie webwerf!!


