Kinderweek 2012

Dis weer tyd vir ons jaarlikse kinderweek!  Alle kinders van Gr 1 tot Gr 6 is baie welkom en ons gaan lekker lag, speel en sommer baie pret hê.  Kry meer inligting kliek hier of bespreek sommer nou!

Eldofam Twitter

   

 

Lignet

Wil jy met iemand praat, maar niemand luister nie? Kliek nou na iemand wat jou kan help.

« RATA BEKE (Week van LIEFDE doen...) | Main | Ys-skaats Uitstappie Sondagaand 25 Sept - direk na Garagediens »
Thursday
Sep222011

AFSKUD-TERAPIE

"Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle"

Sommige dinge in die lewe kan jy beheer:  jou keuse van werk, wie jou vriende sal wees, wat jy vir pret doen. Sekere ander dinge kan jy nie beheer nie:  wat mense sê en doen, die skommeling van die aandelemark en die pap band wat jy vanoggend gekry het! 

Jou stresvlakke en algemene gesondheid  wat jy geniet word bepaal deur die manier op hoe jy reageer op hierdie dinge wat jy nie kan beheer nie!

As jy jou gereeld oor hierdie klein dingetjies ontstel, ly jy op baie maniere!  As jy dit van jou afskud, vaar jy baie beter!  Die Bybel sê jy moet jou bekommernisse op die Here werp!

Om iets van jou af te skud, beteken nie jy is onverskillig daaromtrent nie; dit beteken net jy erken daar is niks wat jy op daardie oomblik kan doen om die situasie te verander nie.  Die band het reeds pap geword; dit het sin om die AA te bel; om te kere te gaan en die band te skop, het nie sin nie! Die lae-stresvlak benadering behels om dinge van jou af te skud.  Sulke dinge gebeur in die lewe!  God werk op n geheimsinnige manier!

As jy op Hom vertrou om dinge te laat uitwerk, sal jy maklik deur die laagtepunte in die lewe gaan!

Doen wat jy kan, maar moenie ontsteld raak oor dinge wat buite jou beheer is nie!

DOEN JOU BES, BID DAAROOR EN GOD SAL DIE RES DOEN!!