K = KARAKTER wys watter waardes is vir jou belangrik.
A = AS jy iemand van goeie karakter is, het jou keuses altyd te make
met hoe jy besluit of iets reg of verkeerd is.
R = REG doen. "Wat is die regte ding om te doen?"....is een van die
belangrikste vrae van iemand met karakter!
A = "ALMAL doen dit" is nie altyd die regte basis waarvolgens jy gaan
besluit nie, want almal doen nie altyd reg nie.
K = KEUSES wat jy maak sal by mense met karakter altyd mooi en
positiewe gevolge hê!
T = TREE verantwoordelik op soos n grootmense en nie kinderagtig of
kwaadwillig nie.
E = EERLIKHEID is een van die beste en mooiste aanduidings van
karakter.
R = RESPEK en liefde vir jou maats, vriende, kollegas en onderwysers
en vir jou ouers wys dat jy KARAKTER het!
N GOEIE KARAKTER BETEKEN DUS...
* Dat jy die goeie sal ken.
* Dat jy die mooi en goeie dinge sal begeer.
* Dat jy die goeie sal doen.
* Dat jy Jesus sal innooi in jou lewe.
* Dat jy Jesus sal navolg.