Eldofam Twitter

   

 

Lignet

Wil jy met iemand praat, maar niemand luister nie? Kliek nou na iemand wat jou kan help.

Gebedsversoeke

Enige persoon kan 'n gebedsversoek hier plaas.  Hierdie blad word gereeld deur die Gebedsbediening nagegaan. 

Jy is ook welkom om terugvoer te gee oor 'n besondere saak waaroor daar gebid is.

Rol af tot onder aan die bladsy en tik jou versoek daar in.  Indien jy nie jou naam wil intik nie, gebruik 'n skuilnaam of Onbekend. Dit is nie nodig om 'n epos-adres of "URL" te verskaf nie.

Bid asb vir ons gesin, ons verkeer in 'n groot finansiele verknorsing en ons weet nie meer watter kant toe nie. Ons slaap ook nie meer nie en het al alles in ons vermoe gedoen wat ons kan. Ons kniee is al deurgebid.

2012-02-24 | Unregistered CommenterAnoniem

Hallo my mede boeties en sussie in Jesus. Ek het n
Ek het n ernstige versoeke waarvoor ek wil he dat julle asseblief saam met my sal bid.
My man werk al vir die afgelope 36 jaar vir n groot internasionale lugredery. Die laaste 12 jaar as senior bestuurder. Verlede Vrydag het hulle hom meegedeel dat sy kontrak einde Mei 2012 verstryk en dat hulle op aandrang van die swart unies en vakbonde nie weer n blanke in daardie pos mag aanstel nie. Hy is 54 jaar oud en het nog soveel om te bied en nou word hy soos n vrot vel eenkant geskop. Van die ander afdelings waar daar al anderskleuriges met die minimum kwalifikasies aangestel is in senior posisies, gaan dit beroerd. Die onreg skreeu ten hemele en ons wil net vra dat geregtigheid sal geskied en dat hy asseblief weer n goeie werk sal vind. Die onsekerheid is die ergste en ons vertroue is in God, maar terselfdertyd is ons ook net swak mense wat maar vertwyfeld raak en dan is die geloof maar min.
Dankie dat ek n bietjie kon afpak en dankie dat ek na julle toe kan kom met ons gebedsversoek.
Groete in Jesus en mag God julle seen.
Shalom

2012-02-19 | Unregistered CommenterMB

Bid asseblief vir Neville hy is verslaaf aan dwelms, dat die Here om sal verlos en ook vir die redding van sy kosbare siel. Groot asseblief

2012-02-13 | Unregistered Commenteranoniem

Liewe medemens wat vra vir voorbidding en gebed saam met mede gelowiges,
Wees verseker daarvan dat jul gebedsversoeke weekliks gelees en opgedra word aan ons Vader.
Ons het 'n gebedsgenoot wat die versoeke deurgee na ons gebedsgenote, waarvan 'n handjievol nie toegang tot die internet het nie, maar baie getroue voorbidding doen, wanneer die versoeke hul bereik!
Al word daar nie op alle versoeke terugvoer gegee nie, gaan dit nie ongesiens verby nie en word daar saam met jul gebid en elke situasie voor die voete van ons Abba Vader neergelê.
Maak jou saak reg met die Here, gee jou lewe oor aan Hom, Hy is getrou en regverdig...
Wanneer 'n kind van die Here Sy Naam aanroep en eer, sê God ... Jes 65:24 - Voor hulle nog roep sal Ek antwoord, terwyl hulle nog praat, Sal Ek hulle gebed verhoor.

2012-02-08 | Unregistered CommenterGebedsbediening

David, jy is baie welkom om by die Gebedsbediening van Eldofam aan te sluit. Ons gebedsgenote is almal op die hart gelê om as vcorbidders of gebedsvegters te dien. Soos die Here op elkeen se hart lê, waar hy moet bedien, so gehoorsaam ons, hetsy dit hospitaalbesoek, tuisbesoek, voorbidding in die binnekamer ens. is.
Ons gebedspan vergader hierdie Son, 12/2 in die Kapel, 9h-10h vir 'n gebedsgeleentheid.
Ons kan dan ook hoor wie hospitaal of siekebesoek doen en jy by die persone kan aansluit.?

2012-02-08 | Unregistered CommenterAnnamarie

Ek het nog geen terugvoer op my gebedsversoek van 16Januarie ontvang nie .

2012-02-01 | Unregistered Commenterdavid

Ek wil graag betrokke raak by n bedining om vir siek mense te gaan bemoedig en om vir hulle te bid die probleem is dat ek geen vervoer het om by hulle uit te kom nie .Baie mense het gebede na ure of in die vroee oggend ure nodig .indien iemand my ook kan help om my bestuurs lisensie te kan hernu ek kon dit nie hernu het nie toe die kaart sisteem begin het nie my lisensie is nog in die sisteem .Dankie vir almal wat saam met my sal bid

2012-01-16 | Unregistered Commenterdavid

MY HELE LEWE LANK WEET EK WAT REG EN VERKEERD IS EN WOU EK NET 'N GOEIE MENS WEES. 'N KLOMP VERKEERDE KEUSES OF DIE DUIWELSE VERSOEKINGS WAT EK NIE OORKOM HET NIE HET GEMAAK DAT EK VANDAG VOEL SOOS EK VOEL.

SAL IEMAND ASB VIR MY EN SAAM MET MY BID DAT EK EN MY GESIN BY MEKAAR SAL KAN BLY EN DAT MY FAMILIE HERSTEL SAL WORD VAN AL DIE SKADE.

EK VRA BAIE MOOI ASB.

MY NAAM IS ESTELLE RUSSOUW EN EK HET GEBED BAIE NODIG - DANKIE

2012-01-09 | Unregistered CommenterESTELLE

Bid asb saam met my vir die herstel van 'n gebroke verhouding Ek glo die Here het my 2 jaar gelede belowe dat Hy hierdie verhouding sal herstel omdat Sy wil is dat hulle weer bymekaar moet uitkom. Ek staan op die beloftes van die Here aan my. Baie dankie.

2011-12-10 | Unregistered CommenterAnoniem

HI ASB.IS GESKEI NA HUWELIK VAN AMPER 22 JAAR. MY KIND WAS IN KAR ONGELUKWAAR IEMAND DOOD IS . MY EKSMAN BAKLEI NOG DIE HELE TYD, MAAR HY WAS DIE EEN WAT ROND GELOOP HET. SY SEKRETARESSE IS NOU SWANGER MET SY BABA. ASB GOD HET NOU WEER IEMAND OP MY PAD GESIT. SUKKEL FINANSIEEL BAIE. KAN NET NIE MEER NIE. HET HOF BEVELE ASB BID VIR MY ONS DIEN 'N ALMAGTIGE GOD EN VADER WAT DIE ONMOONTLIKE KAN DOEN. MY NAAM IS ANETTE TEL 079 318 9050. HET DRINGEND NODIG DAT IEMAND VIR MY KAN 'N GELDJIE LEEN OM DEUR DIE MAAND TE KOM EN MY GOED TE BETAAL.

2011-10-28 | Unregistered CommenterANONIEM

PostCreate a New Post

Enter your information below to create a new post.
Author Email (optional):
Author URL (optional):
Post:
 
Some HTML allowed: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <code> <em> <i> <strike> <strong>