Debietorder
Dit gaan nie goed met die gemeente se finansies nie. Daar is die afgelope drie maande ’n dalende tendens ten opsigte van inkomste. Dankoffers en offergawes tydens eredienste toon ’n 20% daling.
Dit beteken dat die gemeente nie oor genoeg fondse beskik om sy lopende uitgawes te dek nie. Ondersoek toon dat ’n groot aantal lidmate glad nie enige dankoffer gee nie en dat bestaande debietorders nie aangepas word nie. Indien elke gesin ’n bedrag van ± R500.00 per maand bydra, kan ons ons boeke laat klop.
Verskillende wyses waarop bydraes inbetaal kan word:
Elektronies; debietorder; (Eie) koevert Sondae in die kollektebordjie.
Debietorder
Indien jy jou bydrae per debietorder wil maak, voltooi asseblief die debietorder wat u hieronder kan aflaai.
- U kan die ingevulde vorm per epos stuur na admin@eldofam.co.za of
- Dien dit by die gemeentekantoor in, of
- Faks dit na 012 654 5236
Indien u nie ʼn debietorder het, of elektronies bydra nie, versoek FIN u dringend om u gemeente te help om sake te laat klop!!
Kliek onder om die debietorder af te laai. Dit is in twee formate beskikbaar. Die pdf-formaat kan u met 'n pen invul, of u kan die Word-formaat (.doc) gebruik om dit op u rekenaar in te vul.
Elektroniese betalings
Indien u maandeliks 'n elektroniese oorbetaling wil doen, is die bankbesonderhede as volg.
NG GEMEENTE ELDORAIGNE
ABSA Mall@Reds
TAKKODE: 632005
TJEKREKENING : 3260140042
-

Debietordervorm.doc
(192K) -

Debietordervorm.pdf
(19K)

