Bediening: Tegnies, Beeld & Klank
Kliek vir diensrooster
Ons missie
Om eredienste en ander aktiwiteite met behulp van klank, beeld en beligting aan te vul sodat die belewenis met oortuiging geniet kan word.
Wat ons doen
- Beman elke Sondag die eredienste sodat die data-projektor en die klankstelsel ingespan kan word vir gebruik deur die sprekers en musiekgroep
- Doen diens by ‘ad hoc’-geleenthede intern tot die NG Eldoraigne Familiekerk.
Wat is nodig vir die bediening?
- ‘n Goeie kennis van PowerPoint en hoe om dit te gebruik, spesifiek vir die beeldbediening.
- ‘n Goeie oor en gewilligheid om te leer indien u wil inskakel by die opstel van die klank.

