Bediening: Teater
Ons missie
Ons poog om die gemeentelede saam te bring in die gebruik van hulle talente om in hulle Christenskap hulself te kan uitleef in die teaterbediening.
Wat ons doen
- Ons tree by verskeie geleenthede op met toneelspel.
- Ons gaan groepe nooi om te kom optree in ons gemeente.
- Ons wil ‘n fondsinsamelings-projek van stapel stuur.
- Ons poog om te groei en ander bedieninge te betrek.
Wat is nodig vir hierdie bediening?
- Ons soek u met talent en bereidwilligheid.
- Ons soek kreatiewe persone wat dekor en kuns kan ontwerp.
- Ons soek persone wat sommer net wil deel wees van ‘n groep wat lag en jubel en vrolik is. Die kleinste deeltjie wat u doen is reeds die gebruik van ‘n talent wat die Here vir u gegee het.
Ons storie
Ons tree by spesiale geleenthede in die kerk op soos die Kerssangdiens en die afsluiting van Pinkster. Soms word ons ook versoek om op ander plekke op te tree om as aanvulling van ‘n besonderse tema of boodskap te dien.

