Bediening: Meditasie en Spiritualiteit
Ons missie
Ons streef daarna om in persoonlike gemeenskap met God te verkeer
Wat ons doen
- Adoramus-dienste
- Meditasie byeenkomste en opleiding
- Sprekers rondom spiritualiteit
- Retraites
Wat is nodig vir hierdie bediening?
Belangstelling om te help met die volgende:
- Logistieke reëlings en musiek by Adoramus-dienste
- Reëlings rondom retrait-byeenkomste
- Bemarking van die Meditasie- en Spiritualiteitbediening
Ons storie
Meditasie byeenkomste Kom bymekaar in diep stilte voor God en fokus op God en sy Woord.
Retraite Ons leer prakties om stil te word rondom die Woord van God. Ons maak gebruik van sang, musiek, simbole en beslis die Woord van die Here.
Adoramus Tydens die Adoramus-diens word daar gepoog om 'n plek van stilte en gemeenskap met God te skep vir mense met 'n mistieke spiritualiteit deur middel van simbole en kuns.
As jy vrae het oor meditasie en/of spiritualiteit, skryf gerus by Praat Saam, of besoek die webwerf van die Gemeenskap vir Christelike Meditasie in Suid-Afrika, of besoek die World Community for Christian Meditation.

