Eldofam Twitter

   

 

Bediening: Manne

Mannebediening

Leuse

Staan jou man

Ons Missie

Kweek manne na God se hart

Wat ons doen

Om deur beplanning, koördinering en aanbieding van geleenthede en kampe, manne in NG Eldoraigne te inspireer en aan te moedig om te groei na wat God bedoel het jy moet wees. Jy moet jou man kan staan.

Wat is nodig vir hierdie bediening?

  • ‘n Passie vir die gesonde en om jou God-gegewe rol van die man in die gesin, gemeente, gemeenskap en die werkplek vol te staan;
  • 'n Lus om ‘n bydrae te maak en talente beskikbaar te stel.

Mannekampe

Ons missie

Om die Manne van die Gemeente te laat opstaan en weer hulle plek in die Kerk en in die huis as Koning, Priester en Profeet in te neem. Die afgelope 10 jaar se mannekampe by Sabi-Sand Mannekampe het tot gevolg gehad dat tientalle manne in ons gemeente ‘n pad tot ‘n persoonlike verhouding met ons Hemelse Vader begin loop het.

Wat ons doen

  • Ons probeer manne mobiliseer om ons jaarlikse mannekamp wat deur Sabi-Sand Mannekampe aangebied word by te woon.
  • Die doel van die kamp is nie om iemand in ‘n blik te druk om ‘n keuse vir GOD te maak nie, maar om hom die pad te wys na die ewigheid om self ‘n keuse te maak om die HERE te volg.
  • Om manne wat ‘n keuse gemaak het tydens die kamp by ‘n A-Span (aanmoedigingspan) betrokke te kry en daardeur op die regte pad te bly deur medebroers.

Wat is nodig vir hierdie bediening?

  • Manne wat hulle verantwoordelikheid as Koning, Priester en Profeet in die kerk en die huis nodig ag.
  • Om tyd te maak vir GOD.

Ons storie

Ons almal het altyd die verskoning dat ons nie tyd het om sekere goed te doen, veral wanneer dit kom by tyd vir die Here. Ek vra die vraag – het jy al ooit gehoor dat ‘n persoon wat op sy sterfbed lê die vraag vra: “Hoekom het ek nie harder gewerk nie?”