Eldofam Twitter

   

 

Aksie: Jeug

Jeugbediening: Seniors

(bedien die tieners, Gr 7 en ouer, sowel as studente en vroegnaskoolse, werkende jongmense)

Visie: Waar tieners en jongmense God beleef en as volgelinge van Jesus gemeenskappe vernuwe.

Missie: Ons bou mekaar op deur betrokke te wees in persoonlike omgeeverhoudings en reik uit na alle mense met wie ons paaie kruis.

Bedieningsgeleenthede by die Senior Jeug:

  • Kategese (graadgroepaanbieders, kleingroepleiers en “understudies”)
  • Kleingroepleiers vir weeklikse huisbyeenkomste/selle
  • Klank- en databediening vir Garagedienste
  • Begeleidingsgroep (sang en instrumente) vir Garagedienste
  • Verversings vir Koffiekroeg en ander sosiale geleenthede
  • Vervoer verskaf vir Jeuguitstappies en –uitreike
  • Huise beskikbaar stel vir sosiale en ander byeenkomste van kleingroepe
  • Kombuisdiens vir Sondagaande se Koffiekroeggeleenthede
  • Raak betrokke by Jeug-gebedsgroep
  • Koördineer fondsinsamelings vir die Jeugbegroting

Indien jy belangstel om betrokke te raak, moet jy deur Jesus se oë na tieners kyk en jy moet bereid wees om hulle voete letterlik en figuurlik te was. Jy moet ook ‘n aanvoeling en vaardigheid hê om met tieners te werk.