Bediening: Gebed
Ons missie
Om ons gemeente en gemeenskap te dien in voorbidding, maar ook terselfdertyd die gemeente te mobiliseer om SAAM te bid, om te groei in ons verhouding met God en uiteindelik ‘n BIDDENDE GEMEENTE te word.
Wat ons doen
- Doen voorbidding wanneer en waar ons nodig mag wees lief en leed, mense in nood, siekes, watter versoek ons ook al kry om voor ons Vader te lê, geleenthede en kampe.
- Soek God se wil wanneer besluite geneem moet word.
- Opleiding (oproep tot gehoorsaamheid) kursusse, reël sprekers.
- Bydraes in Amamus terugvoer, getuienisse, versoeke, inligting.
- Persoonlike kontak/uitreik.
- Reël geleenthede vir lofprysing en aanbidding.
- Georganiseerde gebedsgeleenthede.
- Gefokusde gebedsgroepe (sake, aksies)
- Gebedsgroepe vir mans, vrouens en jeug.
- Skakel met omgee-groepe, selgroepe, bedieninge.
Wat is nodig om by hierdie bediening in te skakel?
- Opregte hart.
- Liefde vir jou Skepper.
- Bereidheid om te dien.
- Liefde vir jou medemens
Ons storie
Gebed moet die spil wees waarom “menswees” en “kerkwees” draai. Dit gaan oor ons verhouding met ons Skepper en ons voortdurende kommunikasie met Hom.
Dit gaan ook oor die saamwees en saambid, die gemeenskap van die gelowiges. Dit is deel van ons groei in ons geloofslewe. Ons moet ‘n eenheid vorm.
Terugvoer, getuienisse en wonderwerke maak ons sterk, vol verwondering en baie opgewonde omdat ons ‘n Lewende God aanbid wat gebede verhoor.
Gebedsvisie
Ons gemeente wil deur gebed, in nederigheid, God se hart hoor, vernuwe na God se wil en in eenheid geesvervuld ‘n verskil gaan maak deur Sy Liefde uit te dra.
Met ander woorde LUISTER, VERANDER, REIK UIT!!

