Eldofam Twitter

   

 

Bediening - Erediens

Ons missie

Onder leiding van die Heilige Gees word die openbare samekoms van die gemeente gereël sodat ons vanuit sy Woord toegerus kan word, elkeen volgens sy gawe verantwoordelikheid sal aanvaar vir dienslewering in die gemeente en in die wêreld daarbuite, sodat Christus te alle tye eerste in almal en alles is.

Samestelling

  • Die leraars
  • Orreliste en musiek-organiseerder
  • Klank en data medewerkers
  • Aanbiedingkundiges
  • Belangstellendes
  • Die voorsitter van die Diakonie/Erediens-diaken

Wat ons doen

  • Bestudeer die terrein van die erediens
  • Verseker dat prediking ‘n verklaring en toepassing van die heilige Skrif is
  • Doen beplanning en sinvolle gestaltegewing van, en stimulering tot vernuwing van die erediens
  • Maak die infrastruktuur, ter ondersteuning van die erediens, beskikbaar en beheer dit
  • Reël die liturgiese orde van die erediens, sang, musiek en die gebruik van liturgiese formuliere in ooreenstemming met die sinodale riglyne

Wat is nodig vir hierdie bediening?

  • Belangstelling/agtergrond in musiek, kuns, rekenaargeletterdheid, tegniese kennis rondom klank en beligting
  • Kennis van rekenaarsagteware - veral grafiese pakkette
  • Musiekopleiding, klavier, orrel, snaarinstrumente en tromme
  • Sangtalent

Ons storie

Erediensbediening is ʼn komplekse en baie belangrike formele bediening.

Musiekbediening as ʼn informele bediening vir al die eredienste (ses dienste per Sondag) vorm deel van Erediensbediening en so ook die Kunstebediening, die Teaterbediening en Tegniese bediening. Kundige mense vorm deel van hierdie bedieninge. Musiekbediening is ʼn hoogs professionele bediening wat kundigheid, musikaliteit, opleiding, opgawe en toegewydheid vereis. Daar bestaan tans vyf groepe: 8:00 diens, 10:00 diens, 16:45 tienderdiens, 18:30 postmoderne aanddiens en die 18:45 Adoramusdiens.

Die Kunstebediening (verantwoordelik vir kuns en simbole in die gemeente is tans goed op dreef en so ook die teaterbediening en tegniese bediening. Persone wat belangstel om deel te word van hierdie bedieninge kan hulle name en besonderhede by die kantoor laat, of met die voorsitter skakel deur telefoon of epos.