Bedieninge na buite (uitreikaksies)
Die doel van die bediening is om alle uitreik-projekte van die gemeente oorhoofs ontwikkel, koördineer en ondersteun. Dit is nie ’n beheerliggaam nie maar wel ’n koördineringsliggaam vir alle uitreike. Uitreike word nievanuit die Prisma werkgroep beheer nie, maar wel in die gees van “saam reik ons beter uit” wil ons die uitreike koördineer om so doende beter gebruik te maak van bronne en hulpmiddele.” Dit gaan dus nie om die begin van ‘n paar missionêre projekte nie, maar daaroor dat die gemeente wesenlike ‘n identiteitsverandering sal ondergaan en groei tot ‘n werklik missionêre gemeente.
In Eldoraigne Familiekerk maak ons onderskeid tussen bedieninge na binne en uitreike na buite. Ons besef dit is nie altyd moontlik om haarfyn tussen die twee, bediening en uitreik, te onderskei nie, maar wil nogtanster wille vanʼn duidelike mandaat die twee konsepte uit mekaar begin haal.
ʼn Bediening na binne is dan alle bedieninge deur lidmate aan lidmate. ʼn Uitreik is ʼn bediening of projek deur lidmate aan mense in ons gemeenskappe.
Samestelling
Prisma se dagbestuurbestaan uit ʼn aantal lede wat die dag tot dag funksies van Prisma sal bestuur. Die dagbestuur sal so ver moontlik ad hoc-geleenthede koördineer en bestuur. Dit sluit byvoorbeel in die korttermyn uitreike wat aan kleingroepe deur gegee word. Hierdie groep vergader ongeveer een maal per maand.
Die Prisma-koördineringsvergadering, wat een keer per kwartaal vergader, het ten doel om bestaande uitreike te koördineer in die sin van gesamentlike beplanning wat betref datums vir sprekers, fondsinsameling, deurkollektes, ens.
Die gemeente is tans by die volgende langtermyn projekte betrokke:
- Charisma – Laudium
- Diepsloot
- Danville/Pretoria-wes
- Robbertzes – Tanzanië
- Abraham Kriel-Kinderhuis
- Weskoppies
- Twee ouetehuise – Silwersig en Rusoord
- Franse kindersending

