Eldofam Twitter

   

 

Word deel van 'n bediening en leef jou liefde vir Jesus

In 1 Pet 4:10 staan: “As goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God moet elkeen, namate hy of sy ‘n genadegawe ontvang het, die ander dien.”

Twee sake staan hier uit: eerstens word élke gelowige volgens die Here as ‘n bedienaar beskou; tweedens het élkeen een of meer gawes deur God se genade ontvang waarmee hy of sy ander moet dien. Om as Christen ‘n bediening te hê, is dus ‘n Bybelse gegewe!

Daarom is dit ook een van Eldoraigne Familiekerk se waardes: “Ons glo dat elke lidmaat in ons gemeente betrokke moet wees by ‘n bediening wat vrug dra in die alledaagse leefwêreld.” Wanneer ons hieraan gehoorsaam is, leef ons ook ons gemeente se missionêre slagspreuk uit, naamlik dat ons ‘n familie met ‘n missie is!

Om elke lidmaat van Eldoraigne Familiekerk te help om dié Goddelike opdrag uit te voer, is hierdie bedieningsgids saamgestel met ‘n samevatting van die bedieninge binne en buite die gemeente waarby betrokke geraak kan word. Die gebed is dat hierdie gids mense sal inspireer en prakties begelei om bedieninge te vind waar hulle God in alles kan verheerlik (1 Pet 4:11).

As jy wil weet wat die gawes is waarmee jy geseën is, vul die gawe-ontledingsvraelys in. (pdf 20 kb). Indien jy die dokument op jou rekenaar wil berg, kliek met die regterkantse muisknoppie op die skakel en kies Save Target As.

Hieronder is 'n lys van al die aktiewe bedieninge in die gemeente. Indien jy wil betrokke raak, stuur vir ons 'n epos en ons sal met jou in verbinding tree, of kontak die koördineerder direk.

Laai die nuutste lys met alle bedieningsleiers en kontakbesonderhede af. (pdf 40kb

God roep nie die gekwalifiseerdes nie, hy kwalifiseer dié wat geroep is.

Bedieninge en kontakpersone


Kliek die skakel vir meer besonderhede

Bedieninge na binne

Erediens-bediening
* Diakonie
* Tegnies, Klank, Beeld en Beligting
* Teater

Kerkbestuur, Fasiliteite en Administrasie
* Diensverhoudinge
* Eiendom en Sekerheid
* Tuin
* Bemarking
* Finansies

Aksies

* Jeug
* Gasvryheid
* Meditasie en Spiritualiteit
* Gebed
* Mannebediening en Mannekampe
* Senior Kerkaksie

Bedieninge na buite