Bediening: Diensverhoudinge
Ons missie
Bestuur die menslike hulpbronfunksie van die gemeente ten opsigte van alle werknemers.
Wat ons doen
- Werwing, keuring en aanstelling van werknemers met bekragtiging van die Gemeenteraad.
- Stel dienskontrakte vir werknemers saam.
- Onderhou personeelrekords en behartig salarisadministrasie.
- Doen prestasiebeoordeling van alle werknemers.
- Verseker voldoende opleiding vir werknemers.
- Bestuur dissiplinêre proses.
- Verseker aangename en goeie werkomstandighede vir alle werknemers.
- Adviseer Gemeenteraad oor alle aspekte van arbeidsaangeleenthede.
Wat is nodig vir hierdie bediening?
- Kennis van arbeidswetgewing en/of personeelbestuur.
- Behoefte om op `n positiewe wyse `n bydrae tot goeie personeel- verhoudinge in die gemeente by te dra.
Samestelling
- Voorsitter
- Voorsitter van die Gemeenteraad
- Voorsitter van Finansies en Administrasie
- Leier-leeraar
- Enige ander arbeidskundiges wat belangstel

