Eldofam Twitter

   

 

Bediening: Diakonie


Kliek vir diensrooster

 

Ons missie

Om die hande en voete te wees op ‘n praktiese wyse en om te dien in die Gemeente van NG Eldoraigne Familiekerk.

Wat ons doen

  • Opneem van Kollekte tydens eredienste en deurkollekte
  • Welkom heet van lidmate by eredienste deur dienswerker aan diens
  • Voorbereiding en bediening van Nagmaaltekens
  • Toonbank dienste na eredienste
  • Alimentasiegevalle ondersteuning en uitvoering
  • Verteenwoordiging op Gemeenteraad

Wat is nodig vir hierdie bediening?

  • Mense wat n passie het om ander te dien en tyd maak om vir GOD te werk.
  • Almal is baie welkom in hierdie bediening – geen voorvereistes, hoe meer werkers hoe beter die diens.

Ons storie

Ons is seker een van oudste bedieninge van die NG Kerk en is besig om die bediening meer sigbaar in die gemeente te maak en wil elke lidmaat in die gemeente betrokke maak.Ons wil hê dat al die gemeentelede mekaar persoonlik leer ken sodat ons meer vir mekaar kan begin omgee.