Eldofam Twitter

   

 

Bediening: Bemarking

Ons missie

Koördinasie van visuele kommunikasie van die NG Eldoraigne Familiekerk.

Wat ons doen

  • Sorg vir eenvormigheid wat die korporatiewe identiteit van NGEF betref ten opsigte van alle visuele kommunikasie – intern sowel as ekstern gerig;
  • Voorsien redaksionele funksies ten opsigte van Amamus en bedieningsgids;
  • Skakeling met onder andere Prisma, GR, gemeentekantoor, ander bedieninge, drukkers.

Wat is nodig vir hierdie bediening?

  • Belangstelling/agtergrond in media, reklame en kommunikasie, openbare skakeling
  • Kennis van rekenaar-sagteware - veral grafiese pakkette.

Ons storie

Bemarking was betrokke by die ontwerp van die huidige gemeente-logo (sien hieronder), ’n kombinasie van die ou logo, nou net met ’n slagspreuk daarby. Dieselfde geld die nuwe naambord by die oos-ingang van die kerk. Ons was ook nou betrokke by die 40 Dae-projek (advertensies in die Centurion Rekord, asook taalversorging van verskeie van die uitdeelmateriaal wat gebruik is tydens die projek). Ons beoog ook om die gemeente se nuusbrief te laat herleef, maar moontlik in ’n ander formaat as voorheen – meer aktueel en meer dikwels. Bemarking het gesorg vir die opsomming van die gemeentewaardes en motiveer nou meer blootstelling van die logo en waardes binne die gemeente-opset.