Welkom aan ons nuwe musiekorganiseerder
2010-05-12 8:36 Hiermee kennis dat Elsa Mare vanaf 01 Junie 2010 voltyds aangestel is as Musiekorganiseerder vir die 10:00 erediens asook vir die 18:30 erediens. Die 10:00 erediens se formaat word behou met orkes en voorsangers. Die aanddiens se musiekformaat verander in die sin dat hoofsaaklik van CD’s gebruik gemaak word plus voorsangers.
In alle gevalle is die musiekorganiseerder verantwoordelik vir die beplanning, uitvoering en formaat van die begeleiding tydens die verskillende eredienste.
Anria Breytenbach sal die Wintersangdiens en die Kerssangdiens beplan en behartig soos deur die BK besluit. Anria sal ook beskikbaar wees as plaasvervanger [soos vooraf gereel] wanneer die behoefte ontstaan.
Baie dankie aan Anria en Elsa wat op ’n aflosbasis die 10:00 erediens tot nou toe hanteer het. Musiek is so ’n integrale deel van die erediens en belangrike komponent wat nie altyd na waarde geskat word nie. Ons as gemeente is bevoorreg om mense soos Anria, Elsa, Ronel, Sarel en Ruan te hê wat ons op hierdie besondere wyse bedien.
Hiermee kennis dat Elsa Mare vanaf 01 Junie 2010 voltyds aangestel is as Musiekorganiseerder vir die 10:00 erediens asook vir die 18:30 erediens. Die 10:00 erediens se formaat word behou met orkes en voorsangers. Die aanddiens se musiekformaat verander in die sin dat hoofsaaklik van CD’s gebruik gemaak word plus voorsangers.
In alle gevalle is die musiekorganiseerder verantwoordelik vir die beplanning, uitvoering en formaat van die begeleiding tydens die verskillende eredienste.
Anria Breytenbach sal die Wintersangdiens en die Kerssangdiens beplan en behartig soos deur die BK besluit. Anria sal ook beskikbaar wees as plaasvervanger [soos vooraf gereel] wanneer die behoefte ontstaan.
Baie dankie aan Anria en Elsa wat op ’n aflosbasis die 10:00 erediens tot nou toe hanteer het. Musiek is so ’n integrale deel van die erediens en belangrike komponent wat nie altyd na waarde geskat word nie. Ons as gemeente is bevoorreg om mense soos Anria, Elsa, Ronel, Sarel en Ruan te hê wat ons op hierdie besondere wyse bedien.
Francois van Staden | Comments Off | 