Kinderweek 2012

Dis weer tyd vir ons jaarlikse kinderweek!  Alle kinders van Gr 1 tot Gr 6 is baie welkom en ons gaan lekker lag, speel en sommer baie pret hê.  Kry meer inligting kliek hier of bespreek sommer nou!

Eldofam Twitter

   

 

Monday
Jul272009

KOUE STOP NIE MANNE OM HULLE NA GOD TE DRAAI NIE

Die afgelope Sondagoggend het die ‘Draai na God’ veldtog afgeskop in Eldoraigne Familiekerk. Hierdie veldtog is ‘n inisiatief van die mannebediening om manne te mobiliseer om in die gemeenskap ‘n verskil vir God te maak. Vier temas word aangebied en die eerste een word hier op verslag gedoen.

Op ‘n baie koue minus 1 oggend, het 45 mans hulle kom verootmoedig voor God. Kofiie was voorgesit in die kerksaal teen 05:45 en eers het dit gelyk of dit moeilik gaan wees om die manne daaruit te kry en in die kerk in. Toe die eerste loflied egter begin speel was die groep voltallig. Dit was duidelik dat 45 manne nie sommer net ‘n vroeë oggend van pret in die koue wil kom beleef nie, maar dat God elkeen geroep het en aangespreek het om daar te wees. Die lofliedere wat die manne gesing het was danksy ‘n opname van ‘n vorige Danielkonferensie, maar treffend. Dit was wonderlik om manne te hoor sing met oorgawe tot God.

Ds Sybrand van Niekerk se boodsakp aan ons was op die man af. ’Maak reg wat jy verbrou het en God sal jou seën.’ 2 Kronieke 7: 14 was die basis van die boodskap. Ons moet ons verootmoedig en bid en wegkom van ons verkeerde wee, dan sal God hoor, ons antwoord en ons land gesond maak. Ds Sybrand het genoem van Bybelse manne wat lekker verbrou het maar God het hulle geseën. Jakob het sy vader bedrieg, maar ons praat vandag van die God van Jakob; Moses was ’n moordenaar, maar God gebruik hom om Sy volk te lei; Simson kon nie ’n vrou uitlos nie, maar God gebruik hom om die Filistyne van Sy volk te keer; Paulus het Christene vervolg, maar God gebruik hom om die evangelie te verkondig. Daar is ook ander soos Dawid, Elia en Petrus. Hoeveel te meer skiet ons as mans te kort van hierdie groot name? Die uiteinde is: God het ons lief, Sy Liefde is onvoorwaardelik. Hy sal jou nie verlaat nie. Ons moet in aksie kom deur te BEGIN. Leef God se liefde uit deur dit te doen.

Na die duidelike boodskap van Ds Sybrand het die manne in klein gebedsgroepies opgedeel en met God gepraat oor die feit dat ons as manne niks kan wegsteek vir Hom nie en dat Hy ons lewens ken. Manne het hulle verootmoedig voor God en die erens van die saak benadruk in Sy teenwoordigheid.

Kort gespreke daarna asook tydens die eredienste die dag onder van die manne, was dat ons ander manne ook moet intrek. Ons het egter eerstens ’n verantwoordelikheid om God eerste te plaas in alle opsigte. Kom ons as manne ondersteun mekaar in dié opsig om God te vertrou in alle opsigte, dan sal Hy ons seën.

Die maklike gedeelte is afgehandel naamlik om te luister. Ons taak is nou om te reageer. Gaan maak reg, vra onverskoning, wees die minste, Bid tot God gedurig en prys Hom vir dit wat Hy vir jou gaan doen.

Mag julle almal die week ’n week van God se vrede beleef en Christus se onbbatsugtige liefde uitsraal en leef, waar julle ook al mag gaan. Sien julle almal weer Sondag oggend 06:00 (2 Augustus 2009). Vertel nog ’n man van jou belewenis met God en bring hom Sondagoggend saam. Koffie sal reeds teen 05:45 reg wees.

Reader Comments (3)

Ek het die manne bediening bygewoon en dit was regtig 'n ervaring.
Ek het die boodskap treffend gevind en Ds. Sybrand se woorde het my diep geraak.
Die sang was baie lekker en alhoewel ons slegs sowat 45 mans was, het die opset met die begeleiding van die Daniel kongres baie goed gewerk.
Die opbreek in klein groepies vir gebed het ons kans gegee vir verootmoediging en bietjie self ondersoek voor die Here.
Ek glo dat ons komende Sondag meer mans sal wees!
Wat my egter gepla het van die aksie was die afwesigheid van ons eie leraars.
Ek weet dat hulle baie op hule agendas het, maar regtig as mans sou ek (en ek glo die ander broers ook) hul teenwoordigheid waardeer het.
Daar word nie van hul verwag om te preek nie, maar samesyn en belangstelling sou soveel beteken het vir almal.
Van die begin van die herlewing van die manne bediening het die leraars terug gestaan en aangedui dat die aksie deur die manne gedryf moet word, goed en wel, maar toon asb belangstelling.

PS: As een van hul daar was en slegs gemasker was teen die koue en derhalwe onherkenbaar vermon was, vra ek onverskoning, maar ek glo nie ek maak 'n fout nie.

2009-07-29 | Unregistered CommenterMaree Linde

Maree, Ds Andre het wel bygewoon. Ek het die oggend gepreek en dit is daarom nie vir my moontlik om dit te kon bywoon nie. Ons leraars het verskeie bedieninge wat onder elkeen van ons resorteer. Ons eie bedieninge se aktiwiteite "moet" ons gevolglik bywoon. Die mannebediening resorteer onder Ds Andre, ek woon dit graag by soos wat ek kan. Ek ondersteun die mannebediening ten volle en my afwesigheid moet nie gesien word as dat ek dit nie ondersteun nie. Nou Sondag preek ek weer en sal gevolglik weer nie daar kan wees nie.

2009-07-30 | Unregistered CommenterJohan

Ek ry so dag of drie gelede in Valhalla langs 'n plaaslike Engelse kerkgebou verby. Hulle het 'n kennisgewing bord buite op met hul belangrike inligting plus 'n spreuk: "Don't moan if your church is not perfect - otherwise you would not fit in ... Baie waar na my mening.

2009-07-30 | Unregistered CommenterGerrieM
Comments for this entry have been disabled. Additional comments may not be added to this entry at this time.