GEMEENTE VERJAARSDAG!
2011-02-11 0:44 Die NG Gemeente Eldoraigne ontstaan in 1971 met afstigting van uit die NG Gemeente Sesmylspruit. Ds G H Reinecke was die voorsitter van die afstigtingsvergadering en ook later die voorsitter van die eerste kerkraadsvergadering van die nuut gestigte NG gemeente in Eldoraigne. Hierdie vergadering is gehou op Sondagaand 21 November 1971 in die kerkgebou van die Sesmylspruit gemeente.
Ons sou dus kon sê dat die gemeente se verjaarsdag is 21 November is, alhoewel die afstigtingsvergadering plaasgevind het op 10 November 1971.
Ons gemeente is dus vanjaar 40 jaar oud! Wat ’n mylpaal! Ons beplan om gedurende Oktober en November groot fees te vier.
Ons nooi u nou reeds uit om deel te word van die beplanning en organisasie van hierdie groot geleentheid. Meld aan by Francois [bestuurder@eldofam.co.za]. Ons wil vroeg in Maart ons eerste beplanningsvergadering hou
Geskiedenis van ons gemeente: Indien u oor foto’s, staaltjies en inligting oor die ontstaan en geskiedenis van ons gemeente beskik, e-pos dit asseblief aan Francois by bestuurder@eldofam.co.za. U foto’s sal aan u terugbesorg word.
Admin | Comments Off | 
