Gebedsversoeke uit Frankryk
2010-03-26 6:27 Ds Johan Bloemhof skryf uit Frankryk:
Jy het onlangs jou naam opgegee om te bid vir die Franse Sending of jy bid al jare lank. Ons is opreg dankbaar dat ons so saam deur God se genade ‘n groot verskil kan maak in vele mense se lewens – veral die kinders in Frankryk wat soek na God. Ons sien hoe die Here gebede daagliks beantwoord en is opgewonde dat ons saam so die oorwinning kan smaak. Hy doen VER bo dit wat ons sou kon dink of bid. Let asb. op dat ons stuur twee nuusbriewe per jaar uit en elke drie maande ‘n gebedslys met ‘n spesifieke gebedsversoeke vir elke twee dae. Verder gee ons van tyd tot tyd so ‘n bietjie vars nuus oor wat die Here doen in Frankryk. Een maal ‘n jaar gee ons geleentheid deur ‘n inligting, Bybelstudie en gebedsgids om oor 30 dae spesifiek in te tree vir mense in Frankryk en die uitreike om so die veld voor te berei vir die spanne wat na Frankryk gaan.
DRINGENDE GEBEDVERSOEKE : Rita BLoemhof het ‘n paar bloed klonte in haar been gekry en moes ‘n maand langer in RSA bly vir behandeling. Die dokter het nou die groen lig gegee om te kan terug vlieg. Sy het Dinsdagaand die 23e Maart teruggevlieg. Bid asb. dat alles goed verloop en vir haar beskerming teen die bloedklonte wat nie heeltemal opgelos is nie. Ons seun Jean het op die oomblik baie pyn in sy skouer weens ‘n mediese fout wat ‘n anatoom gevorm het. Hy het ook koors. Bid vir volle spoedige genesing. Ons gemeente is tans besig met Evangelisasie aande. Bid vir ontvanklikheid van ons bure.
Admin | Comments Off | 
